Gawes en Talente
Die Bybel leer ons dat God ons elkeen uniek geskape het en vir elkeen ‘n gawe of talent, of selfs meer as een, gegee het waarmee ons ‘n verskil in hierdie wêreld moet maak. Hy verwag dit van ons. Jou gawe of talent hoef nie groot te wees om ‘n impak te hê nie. Dalk is jy ‘n bobaas bakster wat kan bak vir die basaar of miskien is jy goed met belasting en kan iemand help wat nie weet hoe om dit te doen nie.