Ek het 'n behoefte
As ‘n lewende gemeente kan ons nie anders as om dit wat Jesus vir ons gegee het, met ander te deel nie. Hy sëen ons met gawes, talente en ander hulpbronne soos geld en tyd sodat ons tot sëen kan wees vir die mense rondom ons. Hier is 'n vraelys waarop jy jou behoeftes onder ons en gemeentelede se aandag kan bring. Vul dit asb in sodat jou inligting op ons stelsel aangeteken kan word. Sodra ons ‘n behoefte en hulpbron kan koppel sal ons die betrokke partye bymekaar uitbring. Behoeftes en aanbiedinge sal met die nodige diskresie hanteer word.