Ek wil 'n verskil maak!
As ‘n lewende gemeente kan ons nie anders as om dit wat Jesus vir ons gegee het, met ander te deel nie. Hy sëen ons met gawes, talente en ander hulpbronne soos geld en tyd sodat ons tot sëen kan wees vir die mense rondom ons. Hier is die skakel na ‘n vraelys waarop jy jou gawes, talente en hulpbronne kan aandui en beskikbaar kan stel aan gemeentelede wat 'n behoefte het. Vul dit asb in sodat jou inligting op ons stelsel aangeteken kan word. Sodra ons ‘n behoefte en hulpbron kan koppel sal ons die betrokke partye bymekaar uitbring. Behoeftes en aanbiedinge sal met die nodige diskresie hanteer word.
Ons wil graag meer Verskilmakers by ons bestaande projekte betrokke hê. Ons wil jou as lidmaat egter ook nooi om met jou eie idees vir projekte vorendag te kom. As jy byvoorbeeld ‘n tandarts is en graag vier konsultasiesessies per jaar wil skenk aan mense wat dit nie kan bekostig nie, of as jy ‘n ekstra grassnyer het wat jy aan iemand kan leen of as jy graag van ons senior lidmate mooi wil laat voel deur hul hare te doen – dit is soms met die kleinste vorm van omgee dat ons die grootste verskil maak! Kliek hier om betrokke te raak by ons huidige projekte, organisasies of bedienings.
Ons nooi jou saam op ons reis om mense se lewens te verander; om te lewe vir ons stad. Deel op ons Facebook- en Twitterbladsye met ons die maniere waarop jy ‘n verskil maak in die gemeente, ons omgewing en in ons stad deur #Verskilmakers te gebruik. Stuur vir ons fotos en idees sodat ons waarlik ‘n lewende gemeente kan wees. Welkom by die Verskilmakers!